Grey Kollege se Bergfiets-spanne oorheers skolereeks
Die Grey Kollege fietsryspanne het uitstekend gevaar tydens die MTB-skolereeks in
Parys. Jomar Prinsloo, Adian Claassen, Ludwig du Toit en Christopher Mitton het
hulself in verskeie afdelings op die podium bevind. Grey het ook ’n eerste en derde
plek in die spanaflosse behaal. FOTO: FACEBOOK
Onze Rust crowned as Netball Champs
The under-13 netball team from Onze Rust Primary School were crowned as the U/13 Free State HOOPS Championship winners and will be competing at the national tournament in October. PHOTO: FACEBOOK
Fichie-tennisspelers wen in Potchefstroom
Mariaana en Emma Spamer van Fichardtpark Primêre Skool het aan die NWP Guts Tennistoernooi in Potchefstroom deelgeneem. Mariaana het die onder-12 enkelspel gewen, terwyl Emma vierde geëindig het. Saam het hulle die onder-12 dubbelspel gewen. FOTO: FACEBOOK
Oranje-tennisster wen internasionale toernooi
Donna le Roux van OMS het Vrydag die Internasionale Tennisfederasie (ITF) J100- toernooi se enkelspel én dubbelspel gewen nadat sy as die 4de gekeurde die onder-18 eindstryd in Johannesburg met 6-3, 6-2 gewen het. FOTO: FACEBOOK
Martie du Plessis celebrates first ever squash team
Martie du Plessis School’s first ever squash team recently played in their first competition, taking part in the Southern Free State Junior Closed Squash Tournament and impressed at the competition. PHOTO: SUPPLIED