Schools/Skole: 1 September 2022

0
1229

Fichies doen uitstekend in Spelfiësta

Fichies het uitstekend tydens Hoërskool Sentraal se Spelfiësta gevaar.
Suné Booysen, Niel Els en Lannice du Plessis dring deur na die
Vrystaatfinaal wat in Oktober plaasvind. Booysen het ook ‘n algehele
tweede plek in die senior afdeling behaal.

Sewe Tralies as Presidents verkenners vereer

Sewe graad 12’s het die Nasionale Presidents verkennertoekenning verwerf nadat hulle aan die vereistes van dié proses voldoen het. Hulle is Duan Bosch, Hanrike Wilke, Humari Woityczka, Jacobus Louis du Preez, Jan-Louis Fourie, Mia Coetzee en Ruben de Wet.

‘Greenmachine’ nog steeds JF se trots

Finale glorie vir die “Greenmachine” in 2022 was die skool nie beskore nie. Trio Hoërskool wen die Kovsie-liga se eindstryd met ‘n telling van 22-19. Die “Greenmachine” het die skool baie trots gemaak. Geluk met ‘n uitstekende 2022-seisoen.