Schools/Skole: 09 September 2021

0
143

Vrystaat Netbal – Die volgende JF-netbalspelers behaal ‘n plek in die Vrystaatspan. Van links voor is Lesedi Sebiloane (o.15), Dimpho Totola (o.15), en Brenscha Badenhorst (o.17). Agter van links is Nicolé Taljaard (o.17), Zandré Venter (o.18) en Shané Griebenow (o.18).

Twintig leerders van Lettie Fouché het op 1 September saam met lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) na die Botaniese Tuine in die stad gestap. Dit alles vir ‘n goeie doel. Volgens sersant Anton Bester het die leerders ‘n boom geplant om die vennootskap tussen die SAPD en die skool te simboliseer. Die polisie het ook een van hul bekende voertuie, die Nyala, saamgebring sodat die leerders dit kon beskou. Van hulle is selfs op ‘n rit geneem.

Twee sussies van die Meisieskool Oranje, Roline en Marianne Louw, wat albei hulpdoel speel, is onder die tien netbalspelers wat vir die Vrystaat- en Mangaung-span in aksie gaan wees in die vakansie. Van links is Marianne Louw (Vrystaat o.14), Marilet Blom, Jana Dreyer (albei VS o.15), Roline Louw, Fifi Lesedi, Khanyi Dumane (al drie VS o.16), Lea Cronjé (VS o.17) en Marita Oosthuizen (Mangaung o.19). Afwesig: Karla Victor en Janine Moolman (albei Manguang o.19).