Schools/Skole: 07 October 2021

0
640

Vir Vrystaat gekies

Ses tennisspelers van Meisieskool Oranje was gekies vir die Vrystaat-span wat verlede naweek in ’n interprovinsiale toernooi op Potchefstroom sou speel. Die Vrystaat moes ongelukkig aan die toernooi onttrek. Elke ouderdomsgroep (o.13, o.15 en o.19) se span bestaan uit vier spanlede. Van links is Mia Schimper, Donna le Roux, Nina Schimper (almal o.15), Cayline le Grange, Liné Greyling en Anzél van Zyl (almal o.19). Die Schimper-meisies se ouer broer, Jason, was gekies vir die o.19-seunspan en Cayline se jonger sussie, Cara, vir die o.13’s.

Eunice girl excels

Taheera Augousti from Eunice was announced as the Player of the Tournament at the Top School’s U/17 Hockey Tournament.

Fichie neem deel in SA’s

‘n Graad 9-leerder van Hoërskool Fichardtpark, MJ Hattingh, het ‘n bronsmedalje by die onlangse Vrystaat-stoeikompetisie behaal. MJ neem tans deel aan die Suid-Afrikaanse stoeikompetisie in Pretoria, wat van 6 tot 9 Oktober plaasvind.