Schools/Skole: 03 June 2021

0
728

Mnr. en Mej. Fichie 2021 gekies

Mnr. Fichie 2021 is Nicholas Julies en Mej. Fichie 2021 is Zané van der Merwe. FOTO: Christine Watson van Christine Watson Photography.

Hoewel daar vir die 2021-Mnr. en Mej. Fichie-kompetisie slegs ‘n beperkte hoeveelheid mense in die saal toegelaat is weens Covid-19-protokol, het dit geensins weggeneem van die opwinding van dié kompetisite nie.

Mej. Fichie 2021 is Zané van der Merwe. 1ste prinses is Megan Visser en 2de prinses is Simonay Harms. Mnr. Fichie 2021 is Nicholas Julies. 1ste prins is Arno Marais en 2de prins is Dylan van den Berg.

Volgens, Zané is die gevoel nadat sy gewen het, onbeskryflik. “Eers was ek stomgeslaan, toe voel dit onwerklik. Toe, ná ‘n hele paar dae van opwinding, is my hart vol dankbaarheid. Dit is ‘n droom van elke klein dogtertjie, en my droom het waar geword.”

Volgens Nicholas het hy baie geleer uit die ervaring, maar vir hom was die kans om voor mense te kon wees baie spesiaal. “Dit is ‘n eer om as Mnr. Fichie gekies te word en ek is dankbaar teenoor almal wat deel was van hierdie gebeurtenis!”

Ander wenners wat op 25 Mei 2021 aangewys is in die onderskeie kategorieë, is: Liné van Huyssteen (Mej. Persoonlikheid) en Cabous Jacobs (Mnr. Persoonlikheid).

#instaface-foto-favourites is gewen deur Dylan van den Berg en Rianke Verster. Finaliste het vooraf laat foto’s neem en die publiek kon op die skool se Facebook- en Instagram-blad vir hul gunsteling-foto/finalis stem.

Mnr. Fotogenies is Cabous Jacobs en Mej. Fotogenies is Juané Bester. Die finaliste is beoordeel op sportdrag asook aanddrag. Beoordelaars het opgelet na persoonlikheid, liggaamshouding op die loopplank en energie.

Sazly Hartzenberg

sazly@mahareng.co.za

Swimmer makes St Andrew’s proud 

Chad Moutzouris from st andrew’s has once again made the school proud at the recent sa grand Prix swimming event. he achieved 5th place out of 17 swimmers in the 200m open butterfly.