Schools/Skole: 02 September 2021

0
286
Kovsies captain, Sne Mdletshe, and her team celebrating a record fourth Varsity Netball title. PHOTO: VARSITY SPORTS

Oranje jubel saam oor die Kovsies wat die Varsity-netbaltoernooi Maandag oortuigend gewen het deur die Maties in die eindstryd met 55-39 te klop. Die wenspan word deur Sne Mdletshe (op foto met trofee), aangevoer. Sy is Oranje-netbal se kondisioneringsafrigter en rig die o.16A- en B-spanne af. Sy is in die groepwedstryd teen Tuks, wat die Kovsies met 62-61 gewen het, as die Speler van die Wedstryd aangewys.

Twee leerders van Jim Fouché het uitgeblink tydens die MotheoRekeningkunde Olimpiade. Rianette Kemp (links) het ‘n tweede plek behaal en Christine Rossouw ‘n eerste plek.

Altesame 1182 leerders van regoor die provinsie het onlangs aan die Vrystaatse Rekeningkunde Olimpiade deelgeneem. Riandré Nel (links) en Helen Talbot van Bloemfontein Hoërskool was deel van die top-100-leerders wat deurgedring het na die tweede ronde wat op 18 Augustus plaasgevind het. In die finale ronde het Helen ‘n derde plek vir die Motheo-distrik verwerf, asook ‘n algehele sesde plek in die provinsie.