Schools/Skole: 01 April 2021

0
823
Back to school. Textbooks stacked on wooden school desk in front of green chalkboard. Classroom setting.

Kailah Ferreira, oud-Oranje, het einde Maart vir die Suid-Afrikaanse o.21-netbalspan in ’n uitdaagreeks in Kaapstad gespeel. Kailah (matriek 2018) het Oranje se eerste span tussen 2015 en 2018 verteenwoordig en was in 2018 ’n lid van die SA o.18-span wat na Australië gereis het. Sy speel deesdae vir die Noordwes-Flames en die Noordwes-Universiteit.

Agt goud, agt silwer en sewe brons. Dís wat Oranje se atlete op die Vrystaat-atletiekkampioenskappe vir o.16- en o.18-ouderdomsgroeppe vermag het. Marliet Blom het eerste geëindig in sowel die 90m-hekkies en 300m-hekkies (o.16) en Johani van Tonder in die hoogspring en verspring (o.18). Die ander gouemedaljewenners was Nadia Vorster (hoogspring, 1,60m), Karla van der Westhuizen (verspring, 4,92m), Roline Louw (400m, 59,94) en Germarie Spershott (400m-hekkies, 62,20). Van links is Diné le Roux, Marianne Louw, Ané Janse van Vuuren, Germarie Spershott en Cara Smith. Dié vyf het gesamentlik sewe podiumplekke behaal.

Tydens ‘n geleentheid waar die graad 1 Inlywing en ook die inlywing van nuwe leerders plaasvind, het al die nuwe Tjokkie-maats die geleentheid gehad om te deel in die Tjokkies-kloklui-Met hierdie lui word hulle volwaardige Tjokkies.