Schools news/ Skole nuus

0
248

Hoërskool Fichardtpark kry uitnodiging na Dubai

Die Hoërskool Fichardtpark se senior sewes-rugbyspan het onlangs ‘n uitnodiging ontvang om aan die Dubai-sewes deel te neem. Mnr. Herman v.d. Merwe, skoolhoof en spanbestuurder, sê dit is ‘n besonderse prestasie om in die Dubai-sewes mee te ding. “Ons is ingedeel om aan die internasionale skolekompetisie deel te neem en mee te ding teen skole van oor die wêreld heen. Wat die deelname opwindend maak, is dat die seuns skouers sal skuur met die Blitsbokke en saam hulle sal ontspan. Die seuns sal ook geleentheid kry om tussen wedstryde sosiaal te verkeer by die klubhuis met al die deelnenemende lande se spelers. Verskeie besienswaardighede sal ook besoek word. Die seuns sal die voorreg hê om ‘n ware woestynervaring te beleef met 4×4-voertuie. Die span vertrek op Sondag 1 Desember en keer terug op Sondag 8 Desember.” Voor van links is Ruben Blake en Jeff Parota; agter is Apiwe Dinkwa (afriger), Mathew Kitching, MJ Douglas, Zandro Smit, Reno Kok, Christiaan Jonker, Nicholas du Buisson, JT vd Walt, Rickard Cronjé, Francois Bester en mnr. Herman v.d. Merwe (spanbestuurder).

Athletics excellence of Komoza and Kagisho applauded

The athletics achievements of Komoza Kioko and Kagisho Leshotho from St Andrew’s were recently recognised by their junior school mates when they were presented with medals before Chapel one morning by athletics’ coach, Schalk Brand. Both boys represented Saint Andrew’s with distinction in the Free State Championships in Sasolburg.

 

Jim Fouché-leerder presteer

Corné Beyers het in sy Royal Schools-viooleksamen 93% behaal vir Graad 8-viool: Praktiese eksamen.

 

SMS learner shines on TV

Catch Mase Makeng (Gr 5) was on SABC 3 (Hectic on 3) on Thursday 24th October 2019 between 16:00 and 16:30. She took viewers on her journey in “A day in the life of a young model”.

Sentraal-leerders wen groot by Musicon-solistekompetisie

Pieter Joubert (viool) en Danielle Ceronio (saxofoon en klarinet), het trofeë vir beste senior stryker en beste senior blaser in die Musicon-solistekompetisie ontvang.

 

Tanya Lombard en Janco Grobbelaar by die Hoërskool Jim Fouché se matriekafskeid wat by Leopard and Lace plaasgevind het op 27 September 2019.