Schools news/ Skole Nuus

0
860

Superligakampioene

Die Hoërskool Fichardtpark se eerste krieketspan is onlangs as Motheo se Superliga-kampioene gekroon. Die span is van lInks, voor: Dean Botha, André Burger (afrigter), JD Stadhouer en Erick Klopper; agter: Jandré van der Merwe, Hanco Swanepoel (kaptein), Eben Botes, Shaun Visagie, Lionell Dell, Ethen Roelofse, Shaun Schietekat (onderkaptein), Lechandro Buys, Franco Rautenbach, Marcu van Jaarsveld en Denzell Prence.

Krieketsege

Anke Koen was die enigste meisie op die veld tydens Sentraal se o.15 B-krieketspan se onlangs sege oor die Hoërskool Fichardtpark. Anke het 5 paaltjies vir 12 lopies in 4 boulbeurte geneem. Dit sluit ‘n driekuns van die eerste drie balle van die wedstryd in.

Sentraal se skoonhede

Sentraal se fi naliste vir die Mej. Tralie-kompetisie is onlangs aangewys. Die skoonhede is van links, voor: Chrisette Herbst, Karoline Cloete, Izel van Heerden, Tiotlang Mokomela, Anke Meyer-Auld; agter: Petro-Mari van Pletzen, Dene Honiball, Janri Joubert, Michela Steenkamp en Salomien Erasmus.

Verdedig haar titels

Die Hoër Meisieskool Oranje het twee kampioene op die Suid-Afrikaanse Pentathlon en Laser Run-kampioenskappe opgelewer. Hulle is Caylin de Andrade (foto, o.19) en Alex Klopper (o.17). Die kompetisie is by die Hoërskool Sentraal in Bloemfontein aangebied. Die 15-jarige Alex het haar twee o.17-titels wat sy verlede jaar in Pretoria in die laser run en pentathlon verower het, weer verower. Caylin (op foto) het in die laser run die eerste plek vir o.19-meisies vermag.