School news/Skole nuus

0
School news/Skole nuus

JF beleef uitstekende hokkieseisoen
Die Hoërskool Jim Fouché se 0.14-hokkiespan was die wenners van die Nedstar-toernooi in Pretoria, wenners van die Elsie Coetzer toernooi in Bloemfontein en die naaswenners van die Bloemfontein-stadsliga. Hulle het altesaam 25 wedstryde gespeel, slegs drie verloor en een gelykop gespeel, 99 doele aangeteken en net 15 afgestaan. Voor van links is Jordan Plaatjies, Luan vd Westhuizen, Giovanni Horing en Coenraad Pretorius; middel: Tristan vd Walt, Jayden Elliot, mnr. Willie Kruger (afrigter ), Boeta Lessing en Aldrich Kaalsen; agter is Christiaan Wilken, Andries Kriel, Estiaan Saaiman, Nathan Elliot en Edrich Crowther. Afwesig : Stefan v Rooyen.

 

Vasbyter van formaat
Erard Posthumus van die Hoërskool Sentraal het die Kalahari-vasbyttoer voltooi en op 5 Augustus 2019 sy sertifikaat ontvang. Die Kalahari Vasbyt het van 27 Desember 2018 tot 14 Januarie 2019 plaasgevind van die Victoriaval in Zimbabwe tot by Klein-Kariba in Suid-Afrika. Van links is mnr. Anton Janse van Rensburg, Erard Posthumus en mnr. Andries Erwee.

SMS choir takes first place
The St Michael’s chapel choir under the leadership of choir conductor, Joanie Prinsloo, won first place in Category B: Girls’ High School Choir in the Cantamus National Choir Festival in George this past weekend.

 

Sasol-skeinat-olimpiade
Fisiese Wetenskapleerders van die Hoërskool Sentraal het onder die Top-20 van die Sasol-skeinat-olimpiade, wat op 15 Augustus in Potchefstroom deelgeneem het aan die nasionale kompetisie geëindig. Voor is Nadia Havenga, Shane Theron, Franco Fourie en Olivia van Wyk<br />
Agter is Janno Swanepoel, Handré Venter en Franco Smit. Afwesig: Moné de Jager, Carlyle Stewart, Gerald van Heerden en Conrad Viljoen.

No posts to display