School news/Skole nuus

0
School news/Skole nuus
Die Hoër Meisieskool Oranje se eerste hokkiespan het vir 'n sewende agtereenvolgende jaar die spogregte as die voorste hokkiespan in die stad verower. Hulle het Woensdag (31/07) in 'n spannende eindstryd van die Bloemfonteinse liga in 'n uitskietstryd oor Eunice High School geseëvier. Die Oranjeniete het daarmee die liga onoorwonne afgesluit en sal op 24 Augustus teen die ander steekswenners om die provinsiale kampioenskap meeding.

Credence Primêr hou Ma-en-Dogterteeparty

Ruwaidah Henney

Credence Primêre Skool hou hul jaarlikse Ma-en-Dogtertee op Vrouedag. Volgens die skoolhoof, me. M. Ridgard, is hierdie nie ‘n gewone fondsinsamelingsprojek nie, maar word daar gepoog om die verhoudings tussen ma en dogter te verbeter.

Die tema van hierdie jaar is “Koningin en Prinses”. Elke ma of dogter moet ná hierdie dag soos ‘n koningin of prinses voel. Gassprekers vir die dag is uitvoerende hoof en stigter van The Pink Project SA, Ruwaidah Henney, en stigter van Gigculture SA mentor en ma, musikant, Lesley Jennings.

Op hierdie geleentheid sal die skool se gewilde Pompoms te siene wees. Die skool se jong modelle sal ook paradeer. Kaartjies is beskikbaar by die skool teen R120 per persoon. Die geleentheid begin om 10:00 by Heide Primêr se skoolsaal.

Eunice netball star

Ané Meyer, netball player of Eunice, was the goal keeper of the Free State Cheetahs U17 netball team which won a gold medal at the South African Schools Netball All Ages Tournament that took place at EG Jansen High School in Boksburg in June.

Laerskool Bloemfontein presteer

Melinke Benade en Brooke-Lee Jaftha het elk ‘n bronsmedalje op die Eskom Expo for Young Scientists verwerf.

OMS is hokkiekampioen ná spannende eindstryd

Die Hoër Meisieskool Oranje se eerste hokkiespan het vir ‘n sewende agtereenvolgende jaar die spogregte as die voorste hokkiespan in die stad verower. Hulle het Woensdag (31/07) in ‘n spannende eindstryd van die Bloemfonteinse liga in ‘n uitskietstryd oor Eunice High School geseëvier. Die Oranjeniete het daarmee die liga onoorwonne afgesluit en sal op 24 Augustus teen die ander steekswenners om die provinsiale kampioenskap meeding.

Saints’ golfers strike

Saint Andrew’s junior golf players attended the Caledon Junior Golf Tournament in Ficksburg. Dewan de Bruin (right) and Xander Thompson (second from left), contested the under-13 age group for the first time. As they had consistently done in the under-11 ranks, they again produced exceptional performances. Dewan claimed first place, while Xander was third. Matthew Oelrich (left) also shone, ending in fifth. CJ van Schalkwyk (second from right) competed in the under-11 age group and finished in a strong fifth.

 

No posts to display