Schoeman wen drie goue medaljes by die swem-wêreldbekerreeks

0
668
MORGAN PIEK

Bloemfontein – Roland Schoeman het sy derde goue medalje ingeoes toe hy die mans-50m-vryslag tydens die Swemwêreld-kampioenskap in Berlyn, Duitsland gewen het.

Die viermalige Olimpiese atleet het die gunsteling Vladimer Morozov van Rusland in ‘n blitsige tyd van 20.86 sekondes geklop.

Morozov kon nooit vir Schoeman inhaal nie en het tweede geëindig in ‘n tyd van 21 sekondes twerwyl Steffan Deibler van Duitsland die brons gewen het, slegs 0.04 sekondes stadiger as die Rus.

Schoeman het vroeër ook die mans-50m-borsslag in ’n tyd van 25.65 sekondes en die 50m-vlinderslag in ‘n tyd van 22.05 sekondes gewen.

Intussen moes Suid-Afrika se goue swemseun, Chad Le Clos, teverede wees met twee silwermedaljes. Thomas Shields van Amerika het ‘n skitterende vertoning gelewer om die wêreldkampioen in ‘n tyd van 49.01 sekondes in mans-100m-vlinderslag te klop.

Le Clos het naelskraaps in ‘n tyd van 49.48 sekondes tweede geëindig, terwyl Steffan Deibler weer eens met ‘n brons moes tevrede wees.

Le Clos moes weer in die 200m- individuele wisselslag tevrede wees met ‘n silwer toe die Australiër Kenneth To hom met slegs punt een van ‘n sekond geklop het om die goud te wen.