Sasolburg se plaasmoordenaar steeds soek

0
615

SABRINA DEAN – Die Sasolburgse polisie soek steeds na die moordenaar van Johan Fourie, wat buite sy huis op ‘n plaas in die Taaibosch-distrik doodgeskiet is.

Polisiewoordvoerder Livhuhani Hani sê die 67-jarige Fourie en sy vrou was Woensdagmiddag in hul huis toe sy ‘n verdagte buite gewaar. "Die slagoffer het toe na buite gegaan om uit te vind wat aan die gang is. Hy is in die bolyf geskiet en is op die toneel dood verklaar," sê sy.

Hani sê die verdagte is gewapen en word as gevaarlik beskou.

Volgens Vrystaat Landbou se Tommie Esterhuyse was Fourie ‘n vragmotorbestuurder vir ‘n vooraanstaande boer in die Wolwehoek-distrik. Fourie het ook op een van sy plase gewoon.