Sannies vier hul 50ste bestaansjaar

0
451
Van links is Xenadeen Maasdorp, hoofmeisie,Willem du Buisoon, skoolhoof en Keanu Cameron, hoofseun, tydens die sny van die verjaardagkoek, versier met die skool se leuse.

Die Hoërskool Sand du Plessis, vernoem na oud-administrateur van die Oranje-Vrystaat, Sand du Plessis, het op Maandag 20 Januarie hul 50ste verjaardag gevier.

Die skoolhoof, Willem du Buisson, en hoofseun en -meisie, , het die reuse-verjaardagkoek met die skool se leuse, ‘EK GLO’ gesny. Die spesiale dag het begin met ‘n byeenkoms waar voormalige skoolhoofde toesprake gelewer het en vertel het van hul tyd by die skool.

Hiermee saam het die herbenaming van sekere geboue by die skool gegaan waartydens skoolhoofde vernoem is by ‘n onthullingseremonie. Die heel eerste hoof, Adriaan Reyneke, wat vir drie jaar skoolhoof was, is vereer deurdat die skoolsaal na hom vernoem is.

Sy seun, dr. Gerhard Reyneke, het hom beskryf as ‘n baie nederige persoon wat baie omgegee het vir mense. Ander skoolhoofde was onder andere dr. Jan Stemmet, Giel de Villiers en Johan Lamprecht. Die bekende Roy Doubell het daarna skoolhoof geword tot sy skielike dood in 1914.

Sannies se leerders en personeel het ook die graad 7’s van die Laerskool Sand du Plessis genooi om die dag saam met hulle deur te bring en ie leerders het elk ‘n kolwyntjie en koeldrank op die rugbyveld ontvang om die groot dag te vier.

Die dag, wat vir seker vele herinneringe sal inhou, is afgesluit deur waterkaskenades en ‘n pretwedloop deur Hospitaalpark waaraan die skool se personeellede en leerders deelgeneem het.

Heidre Malgas
heidre@mahareng.co.za