E Copy

Date:

Sangsensasie Caroline maak stem dik op The Voice

Die Bloemfonteinse sangsensasie, Caroline-Grace Brüssow, stoom onkeerbaar voort in die gewilde sangkompetisie, The Voice SA, wat Sondae op Mnet gebeeldsend word. Verlede Sondag het sy teen alle verwagting in, deurgedring na die Top 6.
Hoewel sy ‘n paar weke gelede senutergende oomblikke beleef het toe die Top 8 aangekondig is, het sy aan kykers bewys waarom sy week na week die valbyl oorleef. Met haar engel-stem het sy die land se harte gewen. Bloemfontein Courant het met ‘n paar Bloemfonteiners gesels om te hoor wat hulle van Caroline sukses sover in die kompetisie dink.
Dewald Louw, bekende musikant van Bloemfontein, sê hy het die afgelope paar weke met haar kontak gehad en vir haar ondersteuning en advies gegee. “Dit is fantasties dat sy deur is na die Top 6. Sy verdien dit deur en deur. Om aan The Voice deel te neem, is ‘n baie stresvolle ervaring, maar sy hanteer dit ongelooflik goed!”
Corneil Müller, haar vriend en sangmaat, meen Caroline het onsettend hard gewerk vir wat sy tot dusver bereik het. “‘n Mens vergeet soms dat dit ‘n kompetisie is en dat daar heelwat eksterne faktore is wat mens in ag moet neem. Caroline is ‘n kosbare mens en dit was en is ‘n groot voorreg vir my om al vir 12 jaar ‘n verhoog met haar te kan deel. Wat ook al verder in die kompetisie gebeur, sy sal altyd my wenner bly!” Müller meen ook dit is tyd dat Suid-Afrika vir ‘n vroulike wenner stem, aangesien dié soort kompetisies altyd deur mans oorheers word.
Debbie Brink van Arco Musica meen ‘n kompetisie soos The Voice is geneig om jou uit jou gemaksone te haal, en vir Caroline is dit geen uitsondering nie. “Met Caroline se weergawe van It must have been love het sy bewys sy verdien vir seker om deel van die Top 6 te wees. Dit was nog altyd vir my ‘n voorrreg en plesier om saam met haar te werk. Sy is uiters professioneel en kan ‘n wye versekeidenheid genres sing, wat The Voice nog nie gehoor het nie.”
Paul en Moira Cassar, oudskoolhoof van Eunice en Caroline se dansonderwyseres, het Caroline nog altyd as ‘n ster op die verhoog beskou. “Sy is so talentvol,” meen hulle. “Sy is ‘n prokureur, sy het ‘n swart belt in karate, sy is ‘n kunstenaar, en sy het ‘n hart van goud. Dit is haar beurt om uit te styg bo die res. Stem vir Caroline!”
Bloemfontein, en so ook baie kykers in die res van die land, staan bankvas agter Caroline-Grace. Die Rosestad wens haar sterkte toe met die res van haar reis op The Voice SA. Ons glo Bobby van Jaarsveld, haar afrigter, sal haar dra tot die einde. – Jeretha Oosthuizen
jeretha@mahareng.co.za

Share post:

Popular

More like this
Related

Ondersteun Corban se stamselbehandeling

Corban Pretorius is op die ouderdom van 18 maande...

‘Robin in the Hood’ brings laughs and magic to the Rabbit Studio stage this June

Xander Art Productions, in association with The Rabbit Theatre...

Local short film ‘Vultures’ shines at Cannes

A local short film, “Vultures”, has soared to international...

PROMOSIE: ’n Kwarteeu van kuns en kultuur: Vrystaat Kunstefees vier 25 jaar

In die hart van die Vrystaat vier die Vrystaat...