Sanger een van SA se sexyste mans

0
3401
Brendan Peyper

Brendan Peyper is behoorlik besig om nie net met sy stem, maar ook met sy lyf opslae te maak.
Die 21-jarige sangsensasie, wat spog met ‘n hele paar uitstekende treffers, topklas-verkope en ‘n tjok-en-blok optredeskedule, is aangewys as ‘n een van twaalf finaliste in die Cosmopolitan SA Sexiest Men 2018-kompetisie.
Hy ding mee teen onder andere Rudi Witkowsky, Jesse Suntele, Josh Wantie en Blake Williams.
Aanhangers kan hom ondersteun deur op Cosmopolitan se webblad vir hom te stem.
Hy is ook gekies as een van die deelnemers aan Tropika Island of Treasure, waar sewe bekendes, onder andere Melinda Bam, Karabo Mogane, Tumi Voster en sewe deelnemers van die publiek in spanne en op die agtergrond van die idilliese Maldives deelneem vir ‘n prys van ‘n allemintige R1 miljoen in harde kontant.
Die kompetisie bestaan uit ‘n stel moeilike uitdagings wat deelnemers se ratsheid, handvaardigheid, koördinasie, uithouvermoë en intelligensie tot die uiterste sal beproef.
“Al hierdie dinge het skielik op my pad gekom, maar dis ‘n baie opwindende tyd vir my en ek gryp elke geleentheid met ope arms aan,” vertel Peyper.
Dié opwindende gebeure volg kort op die hakke van die vrystelling van Peyper se nuutste album, Hy loop oop.
Hy spog ook met ‘n splinternuwe enkelsnit, “Jou mond is in die pad.
“Ek is innig dankbaar vir elke nuwe deur wat oopgaan, elke stem, elke bietjie aanmoediging, elke paar voete by ‘n konsert en elke album wat ek met iemand kan deel.”

JERETHA OOSTHUIZEN

jeretha@mahareng.co.za