SANBD bied spesiale Valentynsdag bloei aan

0
419

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens Kroonstad Tak, sal ‘n spesiale Valentynsdag bloei aanbied en verwelkom al die gereelde en nuwe skenkers om bloed te skenk op Donderdag 14de Februarie by die bloedskenk sentrum by Checkers vanaf 10h00 – 18h00.
Elke skenker kan ‘n spesiale verrassing verwag en drie gelukkige paartjies staan ‘n kans om te wen met Hacienda Hotel, Arcadia Gastehuis en Lechwe Lodge.
Om ? bloedskenker te word moet jy:
• Tussen die ouderdom van 16-65 wees
• Meer as 50kg weeg
• Iets voor jou skenking eet
• ? Veilige seksuele leefstyl lei
• Gesond wees op die dag van skenking
Wees ‘n held; dis in jou bloed!