Samsung Galaxy of iPhone?

0
Samsung Galaxy of iPhone?

Servaas de Kock

Watter een van hierdie twee fone is die beste om te gebruik in besigheid? Op die oomblik is dit seker een van die algemeenste vrae oor selfone vir sake-eienaars. Albei fone is baie gewild en het vir seker die grootste markaandeel as dit by slimfone kom.
Apple het grense verskuif met die ontwikkeling van die iPhone. Die iPhone het ‘n gebruikerservaring gehad waarmee bittermin handstukvervaardigers kon meeding. Steve Jobs het hier ‘n nuwe dimensie aan slimfone gegee, veral in die sake-omgewing wat die iPhone geklassifiseer het as die beste besigheidsfoon.

Die ontwikkeling van die Samsung Galaxy-produkreeks het direkte kompetisie vir Apple, of meer spesifiek, die iPhone, ingehou. Samsung het die Galaxy-produkreeks op baie ooreenstemmende kenmerke van die iPhone gebaseer, alhoewel dit op ‘n totaal ander platform ontwikkel is.
Samsung het verskriklik baie tyd en aandag spandeer om seker te maak dat die gebruikerservaring van die Galaxy-produkreeks in ‘n totaal ander klas is. Hulle het ook baie gebruikerstoete gedoen om seker te maak dat gebruikers gelukkig is. Die laaste element wat Samsung volgens my ook reggekry het, was om dit reg te prys. In baie gevalle is die Samsung Galaxy-reeks goedkoper geprys as die iPhone.
As ek vandag moes kies tussen die twee fone, sou ek eerder die Samsung Galaxy S 3 of S 4 kies. Daar is bitter min verskil tussen die twee fone, maar die Samsung Galaxy S4 geniet tans voorkeur bo die iPhone 5.

* De Kock is die algemene bestuurder van Digital Platforms, webtuiste- en ontwikkelingspesialiste

No posts to display