Saak uitgestel na twee met R12 miljoen se dwelms betrap is

0
728

Die man en vrou wat Maandag met ongeveer R12 miljoen se Mandrax-tablette betrap is, verskyn weer op 9 Februarie in die hof.

Die Nasionale Vervolgingsgesag se woordvoerder, Phaladi Shuping, sê die saak is vandag in die Bloemfonteinse landdroshof uitgestel vir borgtogaansoek en verdere ondersoek. 

David Ntaduluka en Silvia Nonkosna is Maandag omstreeks 19:00 op die N1 naby Verkeerdevlei deur die Valke vasgetrek. 

Die tablette is in ‘n kompartement gevind in die vragmotor waarmee hulle gery het. 

Hulle staar klagtes van dwelmhandel in die gesig.

-Mark Steenbok