SA se beste polisiekantoor gryp uitdagings aan

0
352

CHRISTAL-LIZE MULLER

Suid-Afrika se beste polisiekantoor in die land het uitdagings wat gepak moet word, maar die kantoor se meer as 320 bekwame personeellede is toegewyd tot gehalte-dienslewering. Dit volgens die Thabong-polisiekantoor se stasiebevelvoerder, Cois Muller, nadat dié kantoor die naweek vir die 2de jaar agtereenvolgens op die polisie se nasionale toekenningsgeleentheid vir uitnemendheid as die land se beste aangewys is. Muller sê drankmisbruik onder gemeenskappe is ‘n probleem waaraan die kantoor hard werk, want dit lei op sy beurt tot misdaad soos moord, verkragting en aanranding. Volgens Muller gaan die kantoor voortbou op hul prestasie.

Die kantoor is onder meer beoordeel vir sy dienslewering in die algemeen, netheid, die duur van ondersoeke en mense se indrukke en vlak van tevredenheid met die kantoor.