E Copy

Date:

SA Raad vir Sakevroue stig nuwe tak

Maricelle Botha

Die SA Raad vir Sakevroue (SACBW) het verlede week amptelik ‘n nuwe tak in Bloemfontein gestig.
Die SACBW het tydens ‘ n spoggeleentheid die organisasie, asook die jaarbeplanning vir 2014, bekendstel. Nadat Bloemfonteiner Alda Roux verlede jaar as Sakevrou van die Jaar in die korporatiewe afdeling aangewys is, is sy deur SA Raad vir Sakevroue gevra of sy nie ‘n tak van dié sakekamer in die Rosestad op die been wou bring nie. Sy het toe ‘n span plaaslike sakevroue bymekaargemaak en hulle het besluit om dit van stapel te stuur. "Ons het besluit dit moet nie ‘n normale vergadering wees waar vroue net sit en inligting kry en goed tegnies bespreek word nie. Ons wil dit lekker interessant maak en ‘n netwerkgeleentheid aan lede bied," sê Roux.
Die SACBW beplan drie gesellighede vir die jaar asook ‘n gala-geleentheid aan die einde van die jaar. "Ons wil hê vroue moet mekaar ondersteun, in Bloemfontein en in die Vrystaat," voeg Roux by.
"Daar is verskeie sakekamers en ons het besluit om dit juis met ‘n ander aanslag te doen. Vroue is moeg om die gewone geleenthede by te woon. Daarom het ons besluit om dit in die vorm van ‘n ontbyt doen, wat beteken dat jy teen 9:00 weer terug op kantoor kan wees." Die SACBW is ‘n nie-winsgewende organisasie en word plaaslik en nasionaal deur suksesvolle besigheidsvroue verteenwoordig. Dit is ‘n geaffilieerde lid van die AHI en die president van die SACBW dien op die nasionale raad om vroue in besigheid te verteenwoordig. Die raad het ‘n vennootskap met The Job Club wat fokus op werkskepping, opleiding en die skep van besigheidsgeleenthede.
Die raad is gestig met die doel om ‘n organisasie te wees wat vroue in besigheid verteenwoordig en ‘n voertuig skep vir vroue om te netwerk, by mekaar te leer, te groei en ander vroue in die besigheidsomgewing te mentor. Hulle slagspreuk lui "Ontsluit potensiaal" en is die kern van hierdie organisasie aangesien dit die doel duidelik maak dat vroue tot hulle volle potensiaal moet groei, hul doelwit bereik en suksesvol sal wees in hul besighede.
Die jaarlikse gala-dinee en kongres wat elke jaar in Augustus plaasvind, dien as platform waar vroue erkenning ontvang, asook gevorderde opleiding en netwerkgeleenthede optimaal kan benut. Die jaarlikse Sakevrou van die Jaar-toekennings word ook deur die organisasie gedryf.
Vir meer inligting oor die SACBW of om aan te sluit, kontak die voorsitter, Alda Roux, by 082-332-1515 of by alda@securiforce.co.za.

maricelle@centralmediagroup.co.za

Share post:

Popular

More like this
Related

Help Kidz Care Trust stay on the road

The Kidz Care Trust Children’s Home in Bloemfontein is...

Motsoaledi reaffirms quality healthcare for all South Africans

Health Minister, Dr Aaron Motsoaledi has reiterated government’s commitment...

Mangaung turns to solar amid electricity woes

With rising electricity costs and frequent power interruptions, more...

Nuwe era begin vir Ixias-rugby

'n Nuwe era by die Sentrale Universiteit vir Tegnologie...