SA o.20-gewigstootrekord deur 15-jarige van Welkom verbeter

0
124
Miné de Klerk FOTO: ANDRIES KRUGER

Die 15-jarige Miné de Klerk van Welkom het groot indruk gemaak toe sy haar stempel afgedruk het in die Paarl en die Suid-Afrikaanse o.20-gewigstootrekord verpletter het.
De Klerk, ‘n leerder van die Hoërskool Goudveld, het die 15-jarige rekord met 17,25 m op die Suid-Afrikaanse o.16- tot o.20-kampioenskap in die Paarl gebreek om die vorige afstand met 30 cm te verbeter.

Simoné du Toit is sedert 2006 die eienaar van die vorige rekord toe sy ‘n afstand van 16,95 m gegooi het. In 2005 was Du Toit die onder 20-wêreldkampioen.

De Klerk, wat reeds ‘n atletiekbeurs aan die Universiteit van Oregon in die VSA verwerf het, het ‘n persoonlike beste afstand van 17,55 m. Dit word egter nie amptelik erken nie. – MORGAN PIEK