SA klop Monaco in tennis

0
689

GEORGE VAN ECK

Suid-Afrika het sy Davisbeker-tenniskragmeting met Monaco die naweek in Centurion by die Irene Buiteklub 4-2 gewen.

Die Protea-tennisspelers het net een van die eerste vier kragmetings verloor om die knoop 3-1 in Groep2 van die Euro/Afrika-sone deur te hak.

Die stryd het met ’n skok vir die Proteas begin toe die gesoute Rik de Voest Vrydag verrassend in die eerste enkelspel-wedstryd op sy tuisbaan teen Romain Arneodo 7-5, 3-6, 7-5, 5-7 en 6-4 vasgeval het.

Gelukkig het die 22-jarige Nik Scholtz in sy enkelspelstyd teen Monaco se voorste speler, Benjamin Baleret, verras om met 7-5, 7-6, 3-6, 3-6 en 6-3 te seëvier.

Suid-Afrika se dubbelspelpaar, Raven Klaasen en Ruan Roelofse, moes ook uithaal om Guillaume Couillard en Thomas Oger 6-4, 6-4, 3-6, 4-6 en 6-3 te klop.

De Voest het Sondag vergoed toe hy sy tweede enkelspelkragmeting teen Baleret redelik maklik 7-6, 6-2 en 6-3 gewen het.
Die vierde en laaste wedstryd is deur Arneodo gewen nadat hy die eerste stel 7-5 gewen het en Scholtz toe weens ’n beenbesering uitgetree het.

Nou wag Litaue op die Proteas.