Rusty praat by Lewende Woord

0
1762
Rusty Labuschagne

Rusty Labuschagne, die sakeman wat 10 jaar lank onskuldig in ‘n Zimbabwiese tronk aangehou is en later ‘n boek oor sy wedervaringe geskryf het, besoek Bloemfontein hierdie nawaeek.
Labuschagne kom deel sy verhaal met Bloemfontein op Sondag 25 November om 09:00 by die Lewende Woord in Langenhovenpark (in Faan Ferreiralaan 22, agter Pretty Gardens). Labuschagne was ‘n suksesvolle sakeman met ‘n vissersoord en ‘n safariplaas voordat hy in 2003 in die tronk gestop is op ‘n valse klag dat hy ‘n stroper verdrink het.
Hy is onder meer in die berugte Chikurubi-maksimumgevangenis aangehou in die tyd wat die Zim-dollar ineengestort het en voedseltekorte en ongekende sterftes aan die orde van die dag was. Dié ondervinding het hom gestroop van sy menswaardigheid en hy het alles verloor.
Labuschagne het onlangs sy boek, Beating Chains, bekendgestel en sy praatjie by Lewende Woord handel oor sy lewensverhaal. Rusty se storie getuig hoe dit moontlik is om deur die kettings van ‘n vernietigende gedagtewêreld te breek en in oorwinning te leef.
Sy praatjie is oop vir die publiek en toegang is gratis. Dit is die eerste getuienis wat deel vorm van ‘n reeks van vyf weke by Lewende Woord, getiteld “Finishing 2018 Strong”.
info@bloemfonteincourant.co.za