E Copy

Date:

Rugbybestuurder kan VS klubs hupstoot gee

GEORG VAN ECK

’n Hoofbestuurder vir amateurrugby in die Vrystaat, wat borge vir klubs, verenigings en skole moet bekom en alle rugbysake koördineer.

Dit is een van die maatreëls om klubrugby, skolerugby en verenigings ’n hupstoot te gee, wat waarskynlik deur die president van die Vrystaatse Rugbyunie, Lindsay Mould, op vanaand se jaarvergadering aangekondig sal word.

“Daar is steeds plek vir klubrugby in die Vrystaat. Klubrugby is besig om te groei in die platteland waar rugbydae se gewildheid toeneem. Ek het bykans al die jaarvergaderings van die klubs in die Vrystaat bygewoon en is beïndruk deur die harde werk deur die voorsitters, wat almal, met een uitsondering na, herkies is. Ek is baie positief oor klubrugby. Klubrugby is weer besig om weer gesinsgeleenthede te word,” het hy in ’n onderhoud met Bloemfontein Courant gesê.

Mould en sy adjunk, Cerdic Carson, wat onbestrede as adjunk-preident herkies sal word, het vanjaar gereeld klubwedstryde en vergaderings op alle vlakke in die Vrystaat bygewoon.

Kol. Hansie Yzelle, voorsitter van die Bloemfontein Weermagklub, wat vanjaar uitstekend op onder meer die Nasionale Weermagweek gevaar het, is die enigste voorsitter wat nie herkies is nie en dit is omdat hy na die Kaap verhuis.

Daar is heelwat planne om klubrugby te ondersteun en te onderskraag. Dit is nie net die VRU wat hom hiervoor beywer nie, maar ook die Suid-Afrikaanse Rugbyunie.

Daar word beoog om die Cell C Gemeenskapbeker-reeks verder uit te brei om meer klubs te betrek. Die kans om vir die Vrystaatse Amateurspanne en Subunie-spanne te speel, is steeds ’n geel wortel vir alle klubspelers.

Een van die maatreëls wat aanstaande jaar in die Cell C Gemeenskapsbeker-reeks sal geld, is dat net bona fide klubspelers in die reeks mag speel. Dit beteken dat gekontrakteerde speler nie meer deur veral die ryker en groter klubs ingespan mag word nie. Dit sal die speelveld in die reeks waat Bloemfontein Crusaders die Vrystaat verteenwoordig gelyker maak.

Behalwe die Vrystaatse ligas beplan die VRU ook om ná die voltooiing van die ligas in die Vrystaat aanstaande ’n nuwe sewesrugby-klubliga in te stel.

’n Plan om gekombineerde koshuisspanne van Kovsies in die liga as kolleges te laat speel, kan ’n verdere in spuiting vir klubrugby wees.

Sewesrugby en vrouerugby sal ook meer aandag kry in die Vrystaat kry. Baie word van die Shimlas en Ixias in onderskeidelik die FNB Varsitybeker –skildreekse verwag.

Die Uitdaagbeker-reeks waarin klubspanne van die Vrystaat en Griffons oorkruis teen mekaar meeding, vind ook weer plaas en gaan dalk uitgebrei word.

Share post:

Popular

More like this
Related

Bloemfontein Zoo revamp progresses slowly amid budget constraints

Work is slowly progressing at the Bloemfontein Zoo, but...

Maintaining MMM’s 105 burial spaces ‘a mammoth task’

Residents of Bloemfontein have witnessed the deterioration of the...

Boiler breakdown delays patient meals at Universitas Academic Hospital

Patients at Universitas Academic Hospital have faced delays in...

A decline seen in residential burglaries in Mangaung

Residential burglaries in Mangaung have been an ongoing problem,...