Rugby: Grey Kollege v Affies preview

0
686

Mark Steenbok

Die FNB Classic Clash rugbywedstryd tussen Grey Kollege in Bloemfontein teen die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria hierdie komende Saterdag, behoort ondersteuners op die punt van hul sitplekke te laat sit.

Die geskiedenisboeke dui daarop aan dat die twee spanne mekaar die eerste keer in 1953 gepak het. In die tyd het die legendariese Springbokspeler Louis Schmidt nog vir Affies se eerstespan uitgedraf.

Die twee superskole het sedert daardie tyd mekaar in opwindende wedstryde gepak. Albei skole het ook oor die jare sportsterre op provinsiale en nasionale vlak opgelewer.

Dit gaan nie maklik vir Grey die naweek wees nie, weens ‘n lang beseringslys, en lynstaanprobleme.

Wessel du Plessis, Grey Kollege se eerstespan-afrigter, het aan Courant gesê dat hulle ‘n fisiese wedstryd van Affies die komende naweek verwag, en dat hulle hoop om hul lynstaan- en stelskopprobleme op sy kan skuif.

“Ons het verseker harder aan ons lynstane gewerk. Ek dink dis maar ‘n tydsberekeningsprobleem en weens die beseringslys het ons nou nuwe stelskoppers,” vertel Du Plessis.

Jaco Koch, die afrigter van die Witbulle noem dat hul ‘n goeie en volmaakte wedstyd teen Grey wil speel. Hulle gaan ook nie die seuns van die Rosestad onderskat nie al is daar lynstaan- en stelskopprobleme.

“Dis altyd moeilik om teen ‘n kampioenskool soos Grey vooraf goed te sien wat fout is, hulle sal verseker sorg dat hul swakpunte nie swak is in die volgende wedstryd”, sê Koch.

Grey sal nogmals hoop om hul stempel af te druk teen die besoekers van die Jakarandastad soos verlede jaar toe Grey Kollege Affies in Pretoria met 42-31 gewen het.

Albei spanne het tot dusver net twee van hul wedstryde verloor met een gelykopuitslag elk.

Affies het vanjaar in agt wedstryde gespeel waarvan hulle vyf gewen en een gelykop gespeel het.

Saterdag se wedstryd skop omstreeks 14:00 af.

Sosiale netwerke (Facebook):

Bennie Bouwer: Sterkte aan al die seuns, Wit Bulle gee Grey drie verloor wedstryde na mekaar wonder wanneer dit laas gebeur het?
Les Van Dyk: Bly steeds en sal altyd trots Grey wees, geen span in die wêreld in enige sport kan altyd bo wees nie – Grey gaan oor meer as net rugby, alhoewel dit baie saak maak. Om bo te bly is altyd harder werk as om bo te kom!! Sterkte met die komende naweek teen Affies, sien julle daar!

Voorlopige spanlys (kan nog verander):

Grey eerstespan:

1.Stef Brits 2. Daniel Rust 3. Gideo Beukes 4. George Rossouw 5. Janco van Tonder, 6. Dawid Theron, 7. Dian Schoonees, 8.Werner Roberts (k), 9.Niel Durow 10.Edward jv Vuuren, 11.Francois Agenbach 12. Wihan Victor ,13. Jaco Wessels 14. Marnus Boshoff, 15.Dian Gouws

Affies eerstespan: (Span moet nog bekend gemaak word).

Verwagte weerstoestande vir Saterdag:
24°C 6°C
(Die toestande behoort gunstig te wees vir goeie hardloop rugby).

Resultate tot dusver volgens die SASCHOOLBLOG se webtuiste:

Affies:

Sat.21Mar Helpmekaar 24 -0 Wen
Sat.28Mar Paul Roos 12 -29 Verloor
Don.02Apr EG Jansen 41- 5 Wen
Sat.04Apr SACS 10- 13 Verloor
Man.06Apr Framesby 57- 0 Wen
Sat.18Apr Westville 33- 10 Wen
Sat.25Apr Wildeklawer SARU 50- 0 Wen
Mon.27Apr Paarl Gim 22- 22 Gelykop

Grey Kollege:

1 Sat.14Mar Diamantveld 34 34 Gelykop
2.Sat.21Mar Menlopark 50 27 Wen
3 Don.02Apr HTS Middelburg 22 19 Wen
4 Sat.04Apr Kearsney 28 10 Wen
5 Mon.06Apr EG Jansen 17 15 Wen
6 Sat.18Apr Fichardtpark 52 0 Wen
7 Sat.25Apr Waterkloof 29 3 Wen
8 Mon.27Apr Monument 7 17 Verloor
9 Sat.02May HJS Paarl BH 19 21 Verloor