RSG-blokraai – nuutjie vir Vrystaat Kunstefees

0
2069
RSG-blokraai – nuutjie vir Vrystaat Kunstefees

Die RSG-blokraaitoernooi, in samewerking met XWord en die Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans aan die Vrystaatse Universiteit, is ‘n opwindende nuwe toevoeging tot vanjaar se program van die Vrystaat Kunstefees in Bloemfontein. Deelnemers gaan teen mekaar en teen die horlosie meeding om te bepaal wie die eerste RSG-blokraaikampioen gaan wees.
Daar word drie uitdunne beplan vir Vrydag 15 Julie, met ‘n halfeindronde en ‘n eindstryd op Saterdag 16 Julie. Die toernooi gaan in ‘n groot lesinglokaal op die kampus van die Vrystaatse Universiteit aangebied word. Die inskrywingsgeld van R50 kontant per persoon (wat die gewilde boek “Afriblokkies Blokkiesraaisels” insluit) is betaalbaar op die dag van die uitdunne by die lokaal waar die toernooi aangebied gaan word.
Volledige inligting oor registrasie om deel te neem, die agtergrond, die plek, die presiese tye, pryse, inskrywingsprosedures, ens., is beskikbaar by www.xword.co.za. Hou die webblad dop vir ‘n oefenblokraai!
Die Vrystaat Kunstefees word van 11 – 16 Julie 2016 aangebied.