Rooi tapyt uitgelê vir Aand van die Sterre

0
540
Die lede van die orkes It Takes Four is van links André Steenkamp, GP van Rheede van Oudshoorn (wat ook die seremoniemeester is), Charlie Johnstone en Louis van Rensburg.

Die tafel is gedek vir ‘n aand van glans wanneer die Martie du Plessis-skool op Donderdag 12 September 2019 sy immergewilde Aand van die Sterre op die skoolterrein aanbied.
Dit is die vanjaar die 17de keer dat hierdie immergewilde geleentheid aangebied word, en dit beloof om netso glansryk en onvergeetlik soos dié van vorige jare te wees.
Een van die mense wat ongetwyfeld ‘n leeue-aandeel aan die onvergeetlikheid van die aand gaan hê, is die gasspreker, Ernst Conradie.

Luidens ‘n verklaring van die Martie du Plessis-skool is Conradie by uitstek ‘n uitstekende sportman en administrateur in die wêreld van die blindes. Hy is tans 15de in die wêreld vir blinde gholfspelers. Hy het ook in ander sportsoorte op nasionale vlak presteer. Conradie gaan onder meer sy ervaringe in die wêreld van blinde sport met die gehoor deel.
Maar die aand gaan beslis nie net uit toesprake bestaan nie. Daar is sal ruim tyd afgestaan word aan vermaak uit die boonste rakke.

Die gasspreker, Ernst Conradie

Die orkes, It Takes Four, wat alombekend is in Suid-Afrika vir hul puik musiek, gaan die gehoor op ‘n musikale reis neem, wat genres soos blues, jazz en rock insluit. Die orkes se optrede beloof om iets besonders aan die aand verleen.

Asof dit nie genoeg is nie, gaan die gehoor behoorlik op die grond rondkruip van die lag vir die seremoniemeester van die aand, GP van Rheede van Oudtshoorn, wat toevallige ook die hoofsanger van It takes Four is. Van Rheede is skreeusnaaks en beloof om die gehoor te laat skaterlag.

Nie alleen gaan gaan die gehoor getrakteer word op die wonderlike vermaak van die aand nie, maar sal ook ‘n volle driegangmaaltyd kan geniet met heerlike wit- en rooiwyn op die tafels. Daar sal ook ‘n kontantkroeg beskikbaar wees vir die nie-wyndrinkers.
Die koste van ‘n tafel vir 10 persone beloop R3 700, met enkelsitplekke wat teen R370 per persoon beskikbaar is.

Vir verdere navrae in dié verband kan geskakel word met Wendy Lategan by 082-613-9594 en/of die skool by 051-522-6801/2.
Die Aand van die Sterre begin om 18:30 vir 19:00.

Pieter Delport
pieterd@mahareng.co.za