Rolene Strauss kondig haar verlowing aan

0
696

Rolene Strauss, die huidige Mej. Wêreld het pas haar verlowing aan haar vriend van byna drie en ‘n half jaar, D’Niel Strauss, op Twitter aangekondig.

Saam met ‘n foto van haar verloofring het sy die volgende teks aangehaal:

LOVE Love is patient, love is kind. Love never fails. ~ 1 Corinthians 14:4-8 ~

Volgens Huisgenoot sal die twee verliefdes in 2016 hul troubeloftes aflê, nadat Strauss haar jaar as Mej. Wêreld voltooi het.

Huisgenoot
skryf die toonaangewende trou- en funksiebeplanner Aleit Swanepoel, stigter en voorsitter van The Aleit Group, sal die troudag koördineer.Strauss se ring is, met haar leiding, ontwerp en gemaak deur Jack Friedman Juweliers. Sy het die maak van haar trourok toevertrou aan haar vriend en wêreldbekende SA ontwerper en trotse Bloemfonteiner Casper Bosman.