Robbie bly ‘n Cheetah-man

0
827

MARICELLE BOTHA

Bloemfontein gaan op 20 Maart 2015 gasheer wees vir van ons land se grootste sterre en so Afrikaanse musiekliefhebbers van oral oor aan hul voete hê. 360ProManagement en Bloemfontein Courant bied ‘n dag van kuier, braaivleis en die beste van Afrikaanse musiek aan met ‘n eksklusiewe konsert Ek LOVE die Vrystaat, spesiaal vir die Vrystaat en sy mense. Courant het ‘n bietjie met sanger Robbie Wessels gesels om te hoor wat sy verwagting van dié eerste in sy soort-konsert is.

As ‘n gebore Vrystater, wat dink jy is die een ding van die provinsie en sy mense wat ander Suid-Afrikaners nie weet nie?
Ek dink Vrystaters is baie rustig as dit kom by kuier. Dis asof daar nie ‘n gejaagdheid is wanneer jy by ‘n Vrystater kuier nie. Hulle laat jou welkom voel en hulle hou nie daarvan as jy vroeg wil huis toe gaan nie.

Jy is een van min (indien nie die enigiste) van die kunstenaars wat by Ek LOVE die Vrystaat optree wat self ‘n Vrystater is. Hoe verander dit jou benadering tot die konsert?
Dit help vir seker met die selfvertroue. Ek sou sê, omdat my wortels in die Vrystaat lê, ek beslis daai ekstra wip in my danspassies sal hê.

Is jy ‘n Cheetah-man?
Ja, ek’s ‘n Cheatah-man en sal altyd een bly.

Sou jy sê die sukses van die "Leeu-loop" het jou kanse op romanse verbeter?
Wel, my track record wys dit nog nie, maar dit moes iets positiefs vir my bewerkstellig het. Daar is mos meisies wat hou van ouens wat los heupe het.

As jy moes kies tussen jou musiek en akteur wees, wat lê jou die naaste aan die hart?
Ek love altwee ewe veel. Dis vir my moeilik om te sê. Die langpad met die band is vir my fantasties, maar die gevoel van ‘n ander karakter vertolk as myself is vir my net so amazing.

Kaartjies vir die konsert is by iTicket.co.za beskikbaar.

maricelle@centralmediagroup.co.za