E Copy

Date:

Riller verwag in Lausanne

RUFUS BOTHA

Die Suid-Afrikaanse senior mans 400m-rekordhouer, Wayde van Niekerk (Kovsies), kom vanaand (Donderdagaand) in Lausanne (Switserland) voor die grootste toets in sy jong loopbaan te staan.

Indien die 21-jarige hierdie toets slaag kan hy die eerste Suid-Afrikaner ooit word om gelyktydig die nasionale 200m- én 400m- senior mans-rekordhouer te wees.

Van Niekerk sak in die 200m in die blokke teen van die wêreld se bestes. Slegs twee van dié ysters het nog nié onder die magiese 20 sekondes genael nie.

Van Niekerk is een van die twee. Sy beste is 20,21 wat hy vroeër vanjaar hoog bo seevlak in Pretoria in 20,21 vermag het en naby die Suid-Afrikaanse rekord van Morné Nagel (2002, 20,11) gedraai het.

Die ander atleet wat ook nie voorheen onder 20 sekondes kon nael nie is die plaaslike Switserse naeloper, Alex Wilson (20,51).

Die wêreld se naasbeste 200m-atleet van alle tye, Yohan Blake (Jamaika), tree saam met van Niekerk aan. Blake wat in 2011 ‘n beste tyd van 19,26 afgeblits het was egter vanjaar nog nie op sy stukke nie. Sy vinnigste is 20,49 (Maart) en hy sal waarskynlik vanaand se wedloop gebruik om sy peil te toets vir die Statebondspele wat voorlê.

Die tweede vinnigste atleet wat in Lausanne in die blokke gaan sak is Christophe Lemaitre (Frankryk). Hy beskik oor ‘n persoonlike beste van 19,80, maar het ook nog nie vanjaar (20,34) sy voete gevind nie.

Wat in Van Niekerk se guns tel is dat die meeste van die genoemde sub-20-sekonde-manne nog nie vanjaar tande gewys het nie en dit gaan die Bloemfonteiner hoogs mededingend maak in dié wedloop. Slegs een van dié ses blitse, Nickel Ashmeade (Jamaika, 19,95), het in 2013 onder 20 sekondes gaan draai. Sy beste ooit is 19,85.

Inteendeel, Van Niekerk se beste tyd vanjaar (en beste ooit, 20,21) is die derde vinnigste in 2013 onder die deelnemers vir vanaand se riller.

Die agt manne in die wedloop, met hulle beste tye ooit en beste in 2013, is:

Nickel Ashmeade (Jamaika, 19,85 en 19,95), Yohan Blake (Jamaika, 20,49 en 19,26), Alonso Edward (Panama, 20,00 en 19,81), Curtis Mitchell (VSA, 20,24 en 19,97), Jaysuma Saidy Ndure (Noorweë, 20,43 en 19,89), Wayde van Niekerk (RSA, 20,21 en 20,21) en Alex Wilson (Switserland, 20,75 en 20,51).

Share post:

Popular

More like this
Related

R6 million allocated for Bloemfontein Zoo revamp

Mangaung Metro targets full reopening by 2028, plans major...

Universitas Hospital unveils first of its kind surgical robotics system

Universitas Academic Hospital has made history with the official...

Free State Mortuary backlog: 42 autopsies still pending amid urgent efforts

The Free State Department of Health has confirmed that...

Bloem schools bold about bullying

Bullying is more than just verbal or physical abuse...