Reuse-sonneblom verstom gesin

0
2070
Marco Meyer, Chris-Mari Meyer en Seun Meyer (die hondjie) by die sonneblom in hul tuin.

‘n Gesin van Fichardtpark, Bloemfontein staan steeds verstom oor ‘n ‘n sonneblom van 3,10 meter in hul tuin.

Marco Meyer sê hy het die saad in Oktober 2020 geplant nadat hy gelees het sonneblomme kan vir ekstra kleur in die tuin sorg oor die Kerstyd.

“Die ander sonneblomme het Kersfees geblom, maar dié een het langer en langer geword en die blom groter en groter. Dit was vir ons baie interessant om dit dop te hou.”

Op die vraag van hoe die Meyers dié spesifieke sonneblom so groot gekry het, het Marco verduidelik dit het baie reën en liefde gekos.

Daar is glo nog ‘n paar kleintjies in hul tuin, maar nie so groot soos dié een nie. Toe hulle sien dat die sonneblom al hoe groter word, het Marco dit met ‘n plank gestut om te keer dat dit nie omval nie.

“Die sonneblomblom het ‘n groot gedeelte van die dag in die koelte gestaan. Ons vermoed dat die blom agter die son aan gegroei het,” sê hy.

Sazly Hartzenberg

sazly@centralmediagroup.co.za