Reën is seëninge van Bo, sê LHP-kiesers

0
323
Inwoners van Langenhovenpark trotseer die reën om hul stemme uit te bring. FOTO: SAZLY HARTZENBERG

Alhoewel dit reën vandat kiesers vanoggend hul oë oopgemaak het, glo inwoners van Langenhovenpark in Bloemfontein dat dit seëninge van Bo is, net wat die land nodig het.
Inwoners van Lhp het ten spyte van die nat omstandighede steeds in groot getalle by stempunte aangekom en baie was opgewonde oor wat vir hulle voorlê. Hoewel baie mense nog onseker was vir wie hul sou stem, het kiesers oor die algemeen saamgestem dat hul volgende leier ‘n persoon moet wees wat God ken.
Nadia le Roux van Lhp het van 5:30 af al in die tou gestaan en nog oomblikke voordat sy haar kruisie moes gaan trek, gesê dat sy steeds nie seker is vir wie on te stem nie. “Almal sê ons moet vir ‘n man van God stem, maar waar is dié man?” was haar woorde. – Sazly Hartzenberg
sazly@centralmediagroup.co.za