Reën duur voort tot die naweek

0
830

CHRISTAL-LIZE MULLER

Reën en bewolkte toestande sal na verwagting tot Saterdag in Sentraal Suid-Afrika duur en teen Saterdag sal dit begin opklaar. Weervoorspeller in die Bloemfonteinse weerkantoor, Sihle Kunene, sê na verwagting sal die meeste reën in die sentrale deel van die Vrystaat voorkom met maksimum temperature wat wissel tussen 15 en 20 grade Celsius.

Volgens hom kan maksimum temperature vir die suidelike deel van die Vrystaat daal tot onder 15 grade. Maksimum temperature vir die oostelike deel van die Noord-Kaap en die hele Noordwes sal wissel onder 20 grade Celsius.

Warmer temperature word eers teen Dinsdag voorspel.