E Copy

Date:

‘Redes vir De Kock se parool weiering ongeloofwaardig’

Duane Petrus – Die minister van justisie se redes waarom Eugene de Kock nie op parool vrygelaat is nie is ongeloofwaardig.

Die politieke ontleder en skrywer, Max du Preez, sê alhoewel De Kock een van apartheid se grootste moordenaars was, het hy wel berou getoon oor sy dade.

De Kock, die voormalige Vlakplaas-bevelvoerder, het by sy verhoor en dié van die waarheidskommissie gehelp met polisie ondersoeke en vergifnis by die families van sy slagoffers gevra.

"Ek dink die minister het nie die politieke moed van sy oortuiging gehad om die regte ding te doen nie. Die paroolraad het gesê die man moet vrygelaat word. Dit is uiters raar vir ‘n minister om die paroolraad se aanbeveling aan die hand te wys," sê Du Preez.

Minister Michael Masutha het vandag gesê al die families van De Kock se slagoffers moet in die parool oorgewingsproses deelneem.

Du Preez sê daar is geen twyfel dat De Kock binne die volgende twaalf maande sal vrygelaat word nie, waaneer nog ‘n parool verslag sal voorgelê word.

Share post:

Popular

More like this
Related

Free State exceeds housing targets despite challenges

The Human Settlements Minister, Thembi Simelane, has committed to...

R6 million allocated for Bloemfontein Zoo revamp

Mangaung Metro targets full reopening by 2028, plans major...

Universitas Hospital unveils first of its kind surgical robotics system

Universitas Academic Hospital has made history with the official...

Free State Mortuary backlog: 42 autopsies still pending amid urgent efforts

The Free State Department of Health has confirmed that...