Rademan nadergetrek deur London Pulse

0
841
Lefebré Rademan tydens die 2019 Africa Netbalbeker teen Kenia. FOTO: BACKPAGEPIX

Die Universiteit van die Vrystaat en Vrystaat Crinums se kaptein, Lefebré Rademan, is onlangs beloon vir aan haar harde werk op en van af die netbalbaan.

Dié Proteaspeler, wat haar span onlangs tot die eindstryd van die Telkom Netballiga in Bloemfontein teen die Gauteng Jaguars gelei het, het vir die eerste keer ‘n haar loopbaan ‘n oorsese kontrak verdien.

Rademan is gekontrakteer deur die London Pulse vir die 2021-Vitality Netbal Superliga in Engeland.

Die is die jongste Kovsies- en Vrystaatspeler om so ‘n kontak te teken. Voorheen het die twee Proteas en Vrystaat-netballegendes, Maryka Holtzhausen en Karla Pretorius, ook die geleentheid gekry om dié liga te speel.
Holtzhausen het vir die Loughborough Lightning gespeel, terwyl Pretorius vir Bath gespeel het. Sedertdien het Holtzhausen uitgetree, terwyl Pretorius nou in Australië vir Sunshine Coast Lightning in Brisbane speel.

Pretorius is onlangs vir ‘n derde agtereenvolgende jaar aangewys as die Australiese Superliga se Speler van die Jaar, asook die Spelers se Speler van die Jaar. – MORGAN PIEK