E Copy

Date:

Quenet en Van der Merwe seëvier by Maselspoort

Dit was Sondag ‘n goeie dag vir Suid-Afrikaners in Bloemfontein tydens die Afrika-driekampbeker wat aan die buitewyke van die stad by Maselspoort plaasgevind het.

Die mans en vroue se elite wedren is deur die Suid-Afrikaners Nicholas Quenet en Vicky van der Merwe gewen, terwyl Nicholas Horne en Anika Visser in die junior wedren koning gekraai het.

Die driekampatlete is deeglik getoets in bloedige warm toestande in ‘n 750m-swem, 20km-fietsren en ‘n 5km-wedloop.

Quenet het in die mans se elite afdeling met die louere weggestap met ‘n wentyd van 57:55. Die Australiër, Luke Bate, was tweede oor die eindstreep in ‘n tyd van 58:31 terwyl Leon Pauger van Oostenryk die derde plek beklee het.

Van der Merwe, van Stellenbosch, wat jaarliks by Maselspoort deelneem sedert sy ‘n tiener is, het die vroue-afdeling in 1:06.16 gewen. En dit terwyl sy ook olik was op die dag. Van der Merwe het in 2023 die vyfde plek beklee. Nog ‘n Suid-Afrikaner Bridget Theunissen, wat verlede jaar sesde was, het vanjaar in 1:06.55 die silwer medalje verower, terwyl Tanja Stroschneider van Oostenryk derde oor die eindstreep was in 1:07.11.

Die junior manswedloop is gewen deur Horne in 1:04.23, terwyl die Namibiër Nathan Chase die silwer in 1:05.55 gewen het en Alessandro Fanicchi (ook van Suid-Afrika) die brons in 1:07.04 ingepalm het.

In die junior vrouewedloop was dit ‘n volle podium vir Suid-Afrika met Anika Visser wat in 1:10.13 gewen het, Kadence Ribbink het die silwer in 1:12.24 beklink en Lomé Gouws het die brons in 1:12.42 verdien. – MORGAN PIEK

Share post:

Popular

More like this
Related

Mangaung’s green jobs initiative empowers over 700 residents through presidential stimulus

Over 700 participants have been deployed across Mangaung’s towns...

Bloem’s pet shops compliant, SPCA still recommends adopting

The Bloemfontein Society for the Prevention of Cruelty to...

‘Ontwikkel weer ’n trots vir Afrikaans’

Afrikaans, soos alle tale, het oor tyd ’n massiewe...

Blind DJ calls for equality in the entertainment industry

A local blind disc jockey from Thaba Nchu calls...