Pukke oor die wêreld heen vier oorwinning

0
754

Rektor van die NWU se Puk-kampus in Potchefstroom, Fika Janse van Rensburg, sê daar is ‘n oorwinningslied in baie harte. Hy loof die spelers, afrigtingspan en sy voorganger, Herman van Schalkwyk, wat die afgelope ses jaar ‘n groot bydrae gelewer het tot rugby.

Dit is ‘n groot dag van vreuge wat studente en oudstudente oor die wêreld heen saam met die span geniet. Hy sê die afrigtingspan en spelers kan met trots terugkyk op dié toernooi en sien uit na volgende jaar se rugby in die toernooi.

Dit was die Pukke se derde opeenvolgende jaar om in die eindstryd van die Varsitybeker-reeks te speel, maar die eerste jaar wat hulle met die louere weggestap het.

Vreugdevure brand hoog uit verskeie geledere oor die NWU Pukke se sege oor Maties in die eindstryd van die Varsitybeker-reeks in die Danie Craven-stadion op Stellenbosch gisteraand. – Christal-Lize Muller