E Copy

Date:

Publiek toon baie belangstelling in Go Green Expo

Die eerste dag van die Bloemskou was ‘n reuse-sukses vir die Go Green-ekspo wat in samewerking met Bloemfontein Courant aangebied word tot 29 April 2017.

Uitstallers wat deel is van die Go Green-ekspo is baie tevrede met die blootstelling wat hulle reeds gekry het. Mense toon groot belangstelling.

Siteform, wat spesialiseer in ligte staalkonstruksie, sien uit na goeie besigheid. Die onderneming is ook baie gelukkig met die ruimte wat toegestaan is vir sy uitstalling.

JoJo Tanks se personeel sê die eerste dag was nie baie besig nie, maar hulle sien uit na ‘n besige Vrydag en Saterdag. Hulle glo mense sal dan ook van hul produkte koop.

Green Overall, wat in waterfiltrasiestelsels soos watertenks en sonkragpompe spesialiseer, se Hardus Engelbrecht het na die eerste dag reeds meer as sewe klante wat belangstel in sy produk. “Ek het goeie inligting uitgegee en daarom glo ek die mense sal by die dag al hoe meer belangstel in wat ons doen.”

E-Sienna Life is ‘n besigheid wat tuine mooimaak. Hulle bied tuindienste, doen tuinuitleg lê kunsgras. Janine en Marlize, twee personeellede is opgewonde oor die skou. Hulle vertel hulle gebruik die ervaring om te netwerk terwyl hulle die skou terselfdertyd geniet. “Dit is net verskriklik baie harde werk,” bieg hulle.

Feed Grow bied ‘n interessante produk, Farm in a box. Dit is ‘n konstante, volhoubare bron van kos vir diere, wat baie min water en elektrisiteit gebruik. Die dierevoer (gras) groei binne ses dae en tot 300 skape of 60 beeste kan per dag gevoer word.

Drikus se Diereplaas is heel interessant en aanloklik vir groot en klein. Daar is 16 diere waaraan kinders en volwassenes kan vat en vryf. Dit sluit donkies, slange, varkies en boerbokkies in. Hulle is tot Vrydag 5 Mei nog by die skou.


Gaan ondersteun gerus die Go green-ekspo, reg agter die hoofarena.– Jeretha Oosthuizen
info@bloemfonteincourant.co.za

Share post:

Popular

More like this
Related

R6 million allocated for Bloemfontein Zoo revamp

Mangaung Metro targets full reopening by 2028, plans major...

Universitas Hospital unveils first of its kind surgical robotics system

Universitas Academic Hospital has made history with the official...

Free State Mortuary backlog: 42 autopsies still pending amid urgent efforts

The Free State Department of Health has confirmed that...

Bloem schools bold about bullying

Bullying is more than just verbal or physical abuse...