Bloemfontein – Prysgeld vir aanstaande jaar se Austaliese Ope-tennistoernooi is van 30 miljoen na 33 miljoen Australiese dollar verhoog.
Die organiseerders van die jaar se eerste Grand Slam verwag dat al die wêreld se voorste 100 man- en vrouespelers, insluitend Novak Djokovic, Rafael Nadal, Serena Williams en Maria Sharapova, weer in aksie sal wees.
Organiseerders het egter ontken dat die prysgeld aangepas is omdat spelers op meer geld aangedring het.
Die toernooi vind in Januarie in Melbourne plaas.