Promotion: Ek ruik ‘n rot!

0
402

In een of ander stadium word elke huishouding gekonfronteer met rotte en/of muise wat baie lastig raak. Hierdie probleem word meer opmerklik veral in die winter wanneer voedselbronne in die veld min word en knaagdiere in woonbuurte inbeweeg vir beskerming teen die koue en om nader aan ‘n ander bron van voedsel te kom.

As gevolg van die invloei van meer mense na dorpe en stede en die kreeftegang van munisipale dienste met betrekking tot vullisverwydering en derglike dienste, word storting van afval ‘n al groter probleem. Afvalkos lok rotte en muise en bied die perfekte teelaarde vir knaagdiere.

Hoekom is rotte en muise ‘n probleem? Sekerlik nie net omdat sommige vir hulle  bang is nie!

  • Die ekonomiese impak en gesondheidsrisiko’s is astronomies. Daar word bereken dat meer as 5% van alle voedsel wat wêreldwyd geproduseer word, deur knaagdiere geëet of besoedel word. Siektes wat oorgedra kan word sluit in:
  • Knaagdiere kan Salmonella spp versprei. (Voedselvergiftiging)
  • Die Bubonic-plaag en Murine-typhus word deur geïnfekteerde rotte aan mense oorgedra deur vlooie wat op knaagdiere teer.
  • Leptospirosis versprei deur rot urine in voedsel- en waterbronne.
  • Rotbyte kan ook infeksies veroorsaak.

DAAR IS DRIE HOOF-HUISPES-KNAAGDIERE:

  • Mus Musculus: Huismuis

Kleinste pes knaagdierspesie. Donker tot bruingrys met ‘n ligte grys tot bruin pens. Graan- en saadvreters wat klein porsies per voeding vreet.Word in alle klimate aangetref en verdra ‘n wye variasie in klimaat en vogtigheid. Word gereeld in en om die huis gevind

  • Rattus Norvegicus: Bruin of Noorweegse rot

Lomp medium tot groot knaagdier met ‘n stert korter as die kop-liggaamslengte. Versigtiger vir kontak met mense  en raak aggressief in konfrontasie. Rooibruin tot grysbruin met wit pense.Verkies vullis, sterk grouers en swemmers. Binnemuurs leef hulle op die grondvloer, in mure, kelders en in produkte wat gestoor word in geboue. Omnivore en het baie water nodig. Groot hoeveelhede voedsel word in een voedingsessie gevreet.

  • Rattus Rattus: Dak-, huis- of swart rot

Redelike grootte, lenig met lang sterte . Selde heeltemal swart. Vreet meestal groente en groot

hoeveelhede met een ete

Kan vir lang periodes sonder water oorleef.

Word in wintermaande hoofsaaklik binnemuurs aangetref. Gemaklik met mense en word in huise, stoorkamers, winkels, graanstore, pluimveeboerderye en dierehuise aangetref. Besonder goeie klimmers wat graag in die dak nesmaak en broei.

Rotte en muise word knaagdiere genoem omdat hulle moet knaag aan harde voorwerpe om te verhoed dat hulle tande te lank raak. Gevolglik word groot skade aan elektriese bedrading, staalpype, voertuigbedrading, ens., aangerig.

Hoe gemaak dan as jy ‘n rot- of muisprobleem het? Belangrik om alle kos waar moontlik in verseëlde houers te berg. Dit sluit hondekos, voëlkos en voer in. Seël ingange soos deure en maak seker dat krane nie lek nie en geen water veral in plaffonne opgaar nie.

Gebruik die regte tipe lokaas in sluitbare rotstasies om enige risiko van vergiftiging te vermy. Plaas genoeg lokaas uit – ook in vloeistofvorm- volgens die tipe  knaagdier wat beheer moet word. Lokaas in ‘n sagte vorm met ‘n hoë voginhoud is die mees effektiewe vir alle knaagdiere omdat dit hulle volle dieet bevat. Koop ook eerder die nuwe “veiliger” lokase wat tans beskikbaar is vir groter gemoedsrus en beter beheer.