Promosie: Hinterland Fuels groter en beter

0
3946
Hinterland Fuels Photos: Pierce van Heerden

Hinterland Bloemfontein se vulstasie in Curielaan vier vanjaar 27 van uitnemendheid en goeie diens. Hinterland Fuels in Curielaan is beslis een van die bestes in Bloemfontein. Dié tak wat sy deure op 19 Junie 1992 oopgemaak het, bars deesdae uit sy nate en word groter en beter.

Die tak het vanaf 30 Augustus 2018 nuwe brandstofpompe en ‘n wyer rybaan vir beter verkeersvloei. Tot agt voertuie kan nou gelyktydig bedien word terwyl daar vir swaar voertuie n spesiale hoespoed pomp beskikbaar is met maklike toegang.

Ander verbeterings sluit in ‘n breër toegangspad en opgegradeerde draadlose pompeenhede. Die vulstasie bied nou 95 oktaan petrol en uiters kompeterende pryse op 50ppm diesel.  Nuwe-generasie elektroniese pompe vir bande laat kliënte toe om eenvoudig die gekose druk in te sleutel. Behalwe vir kontant en debiet/kredietkaarte kan klante ook aansoek doen vir rekening fasiliteite wat dan brandstof insluit.

Hinterland Fuels het ook ‘n volledig toegeruste OK Express-winkel vir al jou inkopiebehoeftes, asook goeie koffie, lugtyd, lotto en pragtige nuwe badkamers vir klante se gerief.

Die vulstasie bestuurder, Fanie Byleveld nooi u uit om die vulstasie te beoek en die nuwe fasiliteite  op die proef te stel.Hinterlandfinalvid

Pierce van Heerden

pierce@mahareng.co.za