E Copy

Date:

Projek verseker skoolskoene vir talle

’n Nuwe skoenprojek wat laat verlede jaar begin en gedryf is deur Dries Benade van Bloemfontein, in samewerking met Engo, het verseker dat talle nuwe skoolskoene en tekkies vir kinders in die stad ingesamel is.

Ds. Rikus Hattingh van Pellissier NG Gemeente het gesê die doel van die projek was om te verseker dat kinders in Kinderen Jeugsorgsentrums, of in plekke van veiligheid, ten minste een keer per jaar ’n nuwe paar skoene en tekkies ontvang – iets wat normaal is vir kinders wat in hul eie gesinne grootword.

Die skoene is verlede week oorhandig en die nuwe skooljaar het vir baie kinders op ‘n hoë noot begin. Hierdie projek is verlede jaar deur die Pellissier NG Gemeente in Bloemfontein van stapel gestuur.

Engo beplan verskeie projekte vir die nuwe jaar. Inwoners kan met hulle in verbinding tree by info@engo.co.za indien hulle wil betrokke raak. Mense kan ook die webblad besoek by www.engo.co.za.

Sazly Hartzenberg

sazly@mahareng.co.za

Share post:

Popular

More like this
Related

Pothole damage? How to save your rims and claim from SANRAL

If your car’s taken a nasty jolt or started...

MMM joins forces with SANDF to boost traffic department efficiency

The Mangaung Metropolitan Municipality has announced what it calls...

Sinbad bied familievermaak in die Scaena-repetisielokaal

Die klassieke verhaal van Sinbad kry van 14 tot...

Tuckshop owners to verify operating consent letters this week

The Mangaung Metropolitan Municipality has made a call to...