Professor gee klas – vanuit sy kas

0
2692

’n Professor, en lektor, aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) gee deesdae ‘klas’ in sy slaap en vanuit sy instap hangkas.

Prof Vernon Louw van die Departement Interne Geneeskunde in die Fakulteit Gesondheidwetenskappe, het onlangs begin om video-opnames te maak waarin hy sy lesse in sy vakgebied, Interne Geneeskunde en Hematologie, aanbied.

Weens die tekort aan ‘n ateljee, doen hy die opnames voorlopig vanuit sy instap kas waar dit klankdig is.

“Ek het die videos begin as ‘n persoonlike inisiatief aangesien daar ongelooflike potensiaal om ’n totaal geintegreerde platform te skep waar studente op hul eie tyd na die video’s kan kyk. Dit gee ons ook meer tyd om interaktief met ons studente in die klas te werk aangesien hulle reeds die videos op hul eie kon kyk of later dalk dit kan sien.”

Die video’s, wat op Youtube onder die naam, Vernon Louw MedEd is, is baie spesifiek en konsepte word word stap vir stap met die oog op bemeestering in 10 minuut-videos verduidelik. Daar is reeds vyf videos op en studente van oor die wêreld heen het dit besigtig.

“Die voordeel is dat ek nou ‘klas gee’ terwyl ek slap. Dit is wonderlik om soggens op te merk dat daar nog 20 kykers iewers in die wêreld bygekom het.”

Prof Louw sê dat daar tans meestal kykers uit, Suid-Afrika, Amerika, Indië en Brittanje na die videos kyk. – UV