Prof. ontvang toekenning

0
294

Prof. Dave Lubbe, afgetrede professor aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) het onlangs ‘n toekenning vir sy uitstekende werk in die rekenmeestersprofessie ontvang.

Die Southern African Accounting Association het hom vereer met die Lifetime Achievement Award vereer. Prof. Lubbe was die eerste persoon in Suid-Afrika om ‘n doktorsgraad in ouditkunde te verwerf. Die UV het hom ook in 2018 vereer met die Bestuurs- en Alumnie-toekenning. Dr. Léandi Steenkamp oorhandig hier die toekenning aan prof. Lubbe. Sy het ook ‘n huldeblyk oor sy lewe gelewer.