Probleme met stemlokale

0
603

Christal-Lize Muller

Nie al die stemlokale oor die Vrystaat heen het vanoggend klokslag geopen nie. Die Vrystaatse verkiesingshoof, Chris Mepha, sê probleme word by stemlokale by Bayswater en Uitsig by Onze Rust in Bloemfontein ondervind. Kiesiers staan al in lang rye by dié lokale.
Mepha sê egter dit is slegs enkele stemlokale van die altesaam 1 523 stemlokale in die provinsie se 19 munisipale gebiede waar probleme ondervind word. Die res van die lokale het betyds geopen. Hy moedig kiesers aan om vandag hul kruisies te gaan trek.