Lani Fouche
Bloemfontein. – Johan Prinsloo, een van die vier beweerde verregses wat daarvan verdink word dat hy beplan het om top ANC-leiers tydens die Mangaung-konferensie verlede jaar te vermoor, sal vanoggend hoor of sy appèlaansoek teen die weiering van sy borgtog geslaag het.
Prinsloo, Martin Keevy en Mark Trollip is verlede maand borgtog geweier, terwyl hul medebeskuldigde Hein Boonzaaier op R80 000 vrygelaat is. Keevy se appèlaansoek teen die weiering van borgtog het reeds vroeër die maand in die Vrystaatse hooggereghof misluk. Intussen het die Bloemfonteinse landdroshof toestemming verleen dat Keevy sielkundige evaluasie in die Vrystaatse Psigiatriese Kompleks kan ondergaan.
Hugo en Bruwer Prokureurs, wat vir Keevy verteenwoordig, sê landdros MC Mokgobo het vandag gelas dat Keevy Vrydagoggend deur psigiaters evalueer sal word, waarna daar vasgestel sal word of hy verdere behandeling nodig het. Dit kom nadat Die vier word daarvan verdink dat hulle beplan het om top ANC-leiers tydens die Mangaung-konferensie verlede jaar te vermoor.