Prins van Cambridge gebore

0
991

Londen. – Koningin Elizabeth die Tweede en haar man prins Phillip het in ‘n verklaring hul vreugde uitgespreek oor die geboorte van hulle agterkleinseun, prins William en die hertogin van Cambridge se eersteling.

Die babaseuntjie, wie se naam nog nie bekendgemaak is nie, sal as die prins van Cambridge bekendstaan en is die derde aanspraakmaker op die troon ná sy oupa, prins Charles en sy pa, prins William. Hy sal ook aan hoof van die Statebond staan.

Die koninklike baba is gistermiddag omstreeks half ses Suid-Afrikaanse tyd gebore nadat Kate Middleton sowat tien ure in kraam was. Die baba het met geboorte drie komma ses kilogram geweeg. – BBC