Pret wag by Your Stars Your Mall-geleentheid

0
333
Corlea Botha is nie net een van Suid-Afrika se mees ikoniese stemme nie, maar het ook pas haar splinternuwe album, Onbreekbaar, vrygestel.

Mimosa Mall, in samewerking met Bloemfontein Courant, en Bloemfontein Get It, nooi Bloemfonteiners uit na ‘n aand van kuier, sang en lag by die Your Stars Your Mall-geleentheid wat deur gasheer, Pedro Kruger, en sterre, Corlea Botha, Germandt Geldenhuys en Crystal Donna Roberts, aangebied word. Mense sal ook ‘n kans kry om die kunstenaars ná die vertoning te ontmoet.
Die geleentheid word op 29 Maart in die hoof-atrium van Mimosa Mall gehou en alhoewel die kaartjies gratis is, is dit noodsaaklik vir mense wat belangstel om gou te spring, aangesien 80% van die sitplekke reeds bespreek is. Daar sal ook meer as 50 inkopiebewyse gewen kan word.

Crystal Donna Roberts is ‘n baie bekende roos van Bloemfontein en is bekend vir verskeie rolle in verhoogproduksies en TV reekse.

Die 100 minuut-produksie in Afrikaans en Engels gaan propvol vermaak wees vir die hele familie om te geniet en Bloemfonteiners word aangemoedig om dit by te woon. Besoek die Mimosa Mall Facebook-blad vir meer inligting of skakel Mimosa Mall-bestuur by 051-444-6914. Besprekings kan slegs by Mimosa Mall se inligtingstoonbank gedoen word. Hou ook Bloemfontein Courant se webtuiste dop vir ‘n kompetisie waarin ‘n BBP-ervaring vir vier mense asook ‘n R1000-Mimosa Mall-koopbewys gewen kan word. – SAZLY HARTZENBERG

sazly@centralmediagroup.co.za