‘Pothole Busters’ hard aan’t werk in Pellissier

0
1337
African Mining and Crushing herstel saam met Anchor of Hope en die Pellissier-buurtvereniging, Trots Pellissier, slaggate in die woonbuurt.

Die “Pothole Busters” vul een slaggat op ’n slag in Pellissier. Die projek is in Maart bekendgestel en is ‘n inisiatief van African Mining and Crushing (AMC), in samewerking met Anchor of Hope, en die Pellissierbuurtvereniging, Trots Pellissier.

Volgens Nico Gerber, die stigter van Trots Pellissier, het hulle in Januarie na Anchor of Hope uitgereik vir hulp om slaggate in die buurt te herstel angesien die organisasie die kundigheid het. Gerber glo dat die projek ‘n groot sukses sal wees as gevolg van die deurlopende ondersteuning van inwoners en lojale lede van die Vereniging, asook Anchor of Hope en AMC.

“Dit is net haalbaar solank ons die aankoop van asfalt, wat nodig is om die gate te vul, kan bekostig. Die reëling is dat Trots Pellissier die asfalt verskaf, Anchor of Hope die arbeid, en AMC die toerusting en die finansies om die arbeidskoste te dek.”

Hy voeg by dat as ‘n aktiewe buurtvereniging hoop hulle om voortdurend met nuwe inisiatiewe vorendag te kom om te verseker dat hulle goed na hul woonbuurt omsien.

Gerber sluit af deur inwoners te nooi om betrokke te raak. “Trots Pellissier nooi alle inwoners van Pellissier om by ons aan te sluit deur lede te word. So versterk en stel julle ons in staat om soveel meer vir ons woonbuurt te doen.”

Belangstellendes kan ‘n e-pos stuur aan trotspellissier@gmail.com.

Justine Fortuin

justine@mahareng.co.za